Ons maak en verkoop kwaliteit leer- en houtprodukte, klere, pette en mussies, handelsmerkprodukte en geskenke wat iets van ons mense dra. Kyk deur ons winkel en kry iets wat by jou, jou familie of jou volgende geskenk pas.
Elke produk dra die trots, integriteit en toewyding van ons hande.
Geen leë stories nie, net wie ons is…. ’n Nalatenskap van broederskap, vertroue, geloof & liefde.
Betaal maklik en veilig met kaart of instant betaling by checkout.
Ons stuur bestellings regoor Suid-Afrika met Courier Guy aflewering.
Van leer en hout tot klere, pette, handelsmerkprodukte en geskenkbokse — ons het alles op een plek bymekaar gesit sodat jy maklik kan kry waarna jy soek.
Bloed Broers is ‘n Suid-Afrikaanse handelsmerk, gebou op broederskap, familie en liefde, gestig deur broers wat die lewe se uitdagings saam oorwin het.
Daarom maak ons produkte wat integriteit en respek verteenwoordig, vir mense wat waarde heg aan egtheid, gemeenskap en erfenis.
Ons produkte word met trots in Suid-Afrika gemaak – vir ons mense, deur ons mense – met ‘n sterk fokus op gehalte, bekostigbaarheid en volhoubaarheid.
By Bloed Broers kry jy meer as net produkte; jy word deel van ons trotste Bloed Broers familie.
Ons het ’n paar produkte uitgesoek sodat jy vinnig kan sien waarvoor ons staan — leer, hout, klere, handelsmerkprodukte en geskenke met karakter. Blaai deur die reeks en kry iets wat by jou pas.




Ons vorm elke stuk met uitsonderlike vakmanskap, sorg en siel, elke vesel dra die trots, integriteit en toewyding van ons hande.
Ons bou elke produk rondom dit waarvoor ons staan: familie, broederskap, vertroue en kwaliteit wat jy kan voel. As ons naam daarop is, moet dit iets wees wat ons met trots kan gee, dra of gebruik.
Ons leer- en houtprodukte word met aandag, tyd en trots gemaak.
Ons is ’n Suid-Afrikaanse handelsmerk met die leuse: “Gebou op Vertroue, Gedra deur Geloof. Vir ons mense… Deur ons mense.”
Ons fokus nie net op goed wat mooi lyk nie, maar bou produkte wat saam met jou kan oud word.
Of jy nou ’n spesiale geleentheid vier of net jou daaglikse avonture aanpak, Bloed Broers is hier om jou te vergesel op elke stap van jou reis. Kies van ons bestaande produkte, of kontak ons as jy ’n spesiale pakket in gedagte het.
Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit. Ut elit tellus, luctus nec ullamcorper mattis, pulvinar dapibus leo.
Dignissim potenti massa consectetur litora quis commodo aptent arcu a torquent inceptos. Dolor risus vivamus sed elit magnis congue tincidunt.
Dignissim potenti massa consectetur litora quis commodo aptent arcu a torquent inceptos. Dolor risus vivamus sed elit magnis congue tincidunt.
Dignissim potenti massa consectetur litora quis commodo aptent arcu a torquent inceptos. Dolor risus vivamus sed elit magnis congue tincidunt.
Betaal maklik en veilig aanlyn met kaart of instant betaling by checkout.
Ons stuur bestellings regoor Suid-Afrika waar Courier Guy kan aflewer.
Plaaslike optel kan gereël word in Pretoria of by sekere markte wanneer beskikbaar.
Nie seker oor grootte, voorraad of ’n geskenk nie? Stuur vir ons ’n boodskap voor jy koop.
Ons wil hê jy moet gemaklik voel voor jy iets bestel. Hier is ’n paar vinnige antwoorde oor ons produkte, betaling, aflewering, optelopsies en geskenkbokse.
Ons verkoop leerprodukte, houtprodukte, klere, pette, musse, handelsmerkprodukte en eksklusiewe geskenkbokse. Party produkte word met die hand gemaak, en ander items word met ons Bloed Broers handelsmerk afgerond.
Nie alles nie. Ons leer- en houtprodukte word met sorg gemaak, en ons geskenkbokse sluit ook handgemaakte elemente soos leerwerk en houtverpakking in. Klere, pette en sekere ander items word spesiaal vir ons gemaak of gebrandmerk.
Ons lewer regoor Suid-Afrika af waar Courier Guy kan aflewer. Jou afleweringsopsies en koste word by checkout bereken.
Produkte wat in voorraad is:
Produkte wat buite voorraad is:
Ja, plaaslike optel kan gereël word in Pretoria of by sekere markte wanneer ons daar is. Kies die beskikbare optelopsie by checkout, of kontak ons as jy eers wil seker maak.
Jy kan veilig aanlyn betaal met kaart of instant betaling, afhangend van wat by checkout beskikbaar is.
Wanneer iets uit voorraad is, sal ons, waar moontlik, dit op die webtuiste aandui. Meeste produkte vervaardig ons self en kan redelik vinnig gemaak word. Ander items, waar eksterne partye betrokke is, kan ’n langer wag tydperk hê. Jy kan ons gerus kontak as jy wil weet wanneer iets weer beskikbaar gaan wees.
Party produkte kan op versoek verpersoonlik word. Dit hang af van die item en die ontwerp en wat jy nodig het. Kontak ons gerus voor jy bestel, dan laat weet ons wat moontlik is en of dit ’n verskil aan die prys gaan maak.
As die item nie gedra is nie en nog in sy oorspronklike toestand is, kan jy ons kontak oor ’n moontlike omruiling. Courier-koste vir omruilings word gewoonlik deur die kliënt gedra, tensy daar ’n fout met die produk is.
Nee. Ons alkoholiese geskenkbokse is slegs vir persone van 18 jaar en ouer. Deur so ’n produk te bestel, bevestig jy dat jy wettig oud genoeg is om alkohol te koop.
Of jy nou iets vir jouself soek, ’n geskenk vir iemand anders nodig het, of net wil kyk wat ons nuut het — ons winkel is oop. Gaan kyk deur ons produkte en kry iets wat by jou pas.
WhatsApp us