Oor Ons

Waar Dit Begin Het

Ons Storie Het Nie In ’n Boardroom Begin Nie

Bloed Broers is gebore uit ‘n enkele betekenisvolle oomblik. ‘n Wegbreeknaweek, vier

broers, vier skote, een teiken. Vier presiese merke wat nie net impak wys nie, maar ’n storie dra. Waar daardie koeëls die teiken gevind het, het iets dieper wortel geskiet : lojaliteit, vertroue, en ‘n onbreekbare familieband, gebou op eerlikheid en integriteit.

Ons logo verewig daardie vier skote, presies soos dit geval het. Dit is nie bloot ‘n ontwerp

nie, maar ‘n simbool van wie ons is. ‘n Nalatenskap van broederskap, vertroue, en gedeelde visie.

Ons maak nie net leer- en houtprodukte nie, ons vorm elke stuk met uitsonderlike

vakmanskap, sorg en siel. Ons bied nie net klere nie, elke vesel dra die trots, integriteit en toewyding van ons hande.

Gebou op vertroue, gedra deur geloof.

Vir ons mense, deur ons mense.

Dis waar alles begin het — by mense wat saamstaan.

’n Band gebou op lojaliteit, respek en liefde.

As ons naam daarop is, wees verseker van egtheid & kwaliteit.

Bloed Broers leer- en houtprodukte op ’n rustieke werkbank

Die Oorspronklike Teiken

30 November 2025

Bloed Broers leer- en houtprodukte op ’n rustieke werkbank

Ons Logo Is Gebore

10 Desember 2025

Hoekom Ons?

Ons Wil Hê Jy Moet Weet By Wie Jy Koop

Ons weet dis anders om aanlyn te koop as om ons by ’n mark te ontmoet. Daarom probeer ons alles so duidelik en eerlik moontlik hou — van wat ons maak, tot hoe jy betaal, hoe jou bestelling werk en hoe jy ons kan kontak as jy wil vra.

Jy koop nie by ’n gesiglose online store nie. Daar is regte mense agter Bloed Broers wat self agter die naam staan.

Ons wys jou wat jy koop, watter opsies beskikbaar is en wat jy kan verwag voor jy jou bestelling plaas.

Van betaling tot aflewering hou ons die proces so eenvoudig moontlik, sodat jy met gemak kan koop.

As jy onseker is oor grootte, voorraad, optel of ’n geskenk, kan jy ons kontak en ons help waar ons kan.

Ons Visie

Bloed Broers streef daarna om ‘n handelsmerk te wees wat God eerste stel, mense verenig, trots inspireer en vir geslagte lank deel bly van Suid-Afrikaanse families en hul stories.

Ons Missie

Ons eer God, broederskap en familie deur produkte te skep wat ons waardes weerspieël. Produkte wat met integriteit vervaardig word, trots inspireer en gemaak is om te hou. Met trots geskep deur ons mense, vir ons mense.

Waarvoor Ons Staan

Ons Bou Aan Meer As Net ’n Winkel

Vir ons gaan Bloed Broers oor meer as produkte op ’n rak. Ons bou aan ’n handelsmerk wat familie, broederskap, vertroue en trots dra — iets wat ons mense met gemak kan gebruik, dra en gee.

Die Mense Agter Bloed Broers

Regte Mense. Regte Familie. Regte Storie.

Bloed Broers word gebou deur mense wat self agter die naam staan. Van produkte en voorraad tot kliëntediens en bestellings — ons probeer alles met dieselfde sorg, trots en eerlikheid hanteer waarmee die handelsmerk begin het.

Gebreide Bloed Broers-wolmussie met skaapwolvoering

Chris Venter (Bravo 3)

Stigter

Vintage Bloed Broers-pet met gegraveerde leerinsetsel

Dawie Venter (Bravo 2)

Stigter

Uit Ons Winkel

Kyk Wat Ons Vir Jou Reg Het

Ons storie beteken eers iets wanneer dit in die produkte wys. Van leer en hout tot klere, pette, handelsmerk items en geskenke — kyk deur ons winkel en kry iets wat by jou, jou huis of jou volgende geskenk pas.

0
    0
    Your Cart
    Your cart is emptyReturn to Shop